Rustenburg Nort West province

Heleen West
083 3577 162
Plot 69
Rietfontein
Epos:
heleenwest@mweb.co.za
Faks : 0866713883
GPS: 25° 49 ΄ 04.77'' S  27°25 ΄  00.76'' E

Adres van sentrum:

Baie van die terapie vind plaas op ons plot. Sekere middae word terapie aangebied by Laerskool Rustenburg


Wie is ons en wat is ons filosofie met Horse Worx?

My naam is Heleen West. Ek is gebore en getoλ in Rustenburg. Ek is getroud met Joachim West en ons het twee pragtige kinders,  Achim (15j) en Lichelle (13j).
Ons hele gesin het 'n passie vir perde . Ons kinders neem kompeterend deel aan perdry. Hulle het hul eie perde en geniet veral "Showjumping"

Ek het 2 jaar terug die Horse Worx franchise vir Rustenburg en Brits area gekoop en dit gaan elke dag van krag tot krag.

Ek is die afgelope 21 jaar 'n graad 1 onderwyseres by Laerskool Rustenburg en wou nog altyd my liefde vir kinders met my passie vir perde kombineer. Dit is presies wat Horse Worx doen.

My doel is om soveel moontlik kinders aan perde bekend te stel en met behulp van die Horse Worx program die vorming van selfbeeld, selfvertroue,taalgebruik, balans en waagmoed ens te ontwikkel volgens elkeen se potensiaal. Dus Horse Worx is nie net vir kinders met probleme nie , maar vir elke liewe kind 'n moet!

Wat bied Horse Worx Rustenburg aan?

·Equiterapie/perdryterapie by skole in die oggende.
·Individuele equiterapie/perdryterapie in die middag (Op die plot sowel as by Laerskool Rustenburg
·Stallering van ponies en perde
·Uitrye
·Partytjies
·Poniekampe


Horse Worx Rustenburg besoek tans die volgende skole:

·Laerskool Rustenburg
·Loerie Larries
·Laerskool Protea Park
·Parkieland
·Kwκvoλltjie Kleuterskool
·Wonderland Kleuterskool
·Wysneusie Kleuterskool
·Borrel Britsies Kleuterskool (Brits)
·Lawwe Lyfies Kleuterskool (Brits)
















© 2011 by Leslie Bands ·  Alle Rechte vorbehalten
Website search
"There is something about the outside of a horse the is good for the inside of a man"
 
Winston Churchill
Horse Worx & Equitherapy Centres

View Larger Map